For a better experience please change your browser to CHROME, FIREFOX, OPERA or Internet Explorer.

Listing Detail

Other

KOMPETISIE!!!


  • KOMPETISIE!!!

Description

Price : R0.00
Date : 2019-03-15
Location : Pretoria

KOMPETISIE!!!

Vul jou lewe met voëlgesang… in ‘n boek!

Jy hoef nie ‘n gesoute voëlkyker te wees om hierdie pragpublikasie van Briza Publikasies te geniet nie.

Slim tegnologie maak dit moontlik om saam met die skitterende foto’s van Suid-Afrika se wye reeks voëlspesies ook te luister hoe hulle sing!

Die publikasie, Sappi Voëls van Suid-Afrika, saamgestel deur Saartjie Kidson en Herman van Niekerk, (ISBN 978-1-920217-32-7) se vyfde druk het onlangs verskyn en is ‘n MOET op die koffietafel van enigeen wat die land se voëllewe waardeer.

Saam met die elekroniese klankleser wat soos ‘n klein wonderwerkie elke voël se geroep uit sy foto optower, sal die boek ure se ononderbroke genot verseker.

Dit is werklik ‘n omvattende werk met volledige spesiebeskrywing en agtergrondinligting oor die wonderwêreld van voëls.

Die voëls is in vier hoofgroepe verdeel:

•Water- en vleilandvoëls

•Bos- en boomlandskapvoëls

•Roofvoëls en aasvreters

•Veldlandskapvoëls

Met die maklik verstaanbare sleutelgids-simbole kan jy dadelik sien wat die spesie se habitat, broeiwyse, grootte en sosiale gedrag is.

Besoek www.briza.co.za om jou eksemplaar en klankleser te bestel teen R985.

Een gelukkige ProAgri-leser kan ook ‘n eksemplaar van die boek wen (klankleser uitgesluit). Stuur vir ons jou mooiste foto van ‘n voël wat ons kan publiseer. Net een foto per deelnemer. Foto’s moet groter as 1MB wees en die keuse van die wenfoto sal berus by die redakteur.

Inskrywings sluit op Vrydag 22 Maart 2019 en die wenner sal op 27 Maart 2019 in ProAgri se e-nuusbrief aangekondig word.

Stuur jou foto na esta@proagri.co.za

 

Mention adforest.scriptsbundle.com when calling seller to get a good deal

 



Location

Post your rating


Use a safe location to meet seller

  1. Avoid cash transactions
  2. Beware of unrealistic offers

Similiar Listings

Top