Die nuwe Connect Rooms bevorder optimale masjien-gesondheid | CNH Industrial

Price on request

Excluding VAT

Die nuwe Connect Rooms bevorder optimale masjien-gesondheid | CNH Industrial
Die nuwe Connect Rooms bevorder optimal masjien-gesondheid | CNH Industrial - 0Die nuwe Connect Rooms bevorder optimal masjien-gesondheid | CNH Industrial - 1Die nuwe Connect Rooms bevorder optimal masjien-gesondheid | CNH Industrial - 2Die nuwe Connect Rooms bevorder optimal masjien-gesondheid | CNH Industrial - 3Die nuwe Connect Rooms bevorder optimal masjien-gesondheid | CNH Industrial - 4
Pricing Type: Price on request
Price: Price on request
Posted at: September 14, 2023 10:15
Views: 77
Description:

Boerdery mag nie gaan stilstaan nie, veral nie wanneer jy op die kritieke tye wat die natuur voorskryf moet ploeg, saai of oes nie. Niks beskryf ook ten volle die teleurstelling, frustrasie en geldelike impak van ’n trekker of stroper wat in die middel van sy werk breek nie.

Maar wat as jy dit kon voorsien en keer?

CNH Industrial bied boere nou ’n oplossing wat na die maatskappy se mening ’n rewolusionêre verbetering op proaktiewe ondersteuning en afstandmonitering is. Die kraakvars Connect-fasiliteit is gedurende Augustus aan die media bekendgestel met die nuus dat Suid-Afrikaanse kliënte vanuit die Isando-hoofkwartier se Connect-sentrum bestuur sal word.

“Met die eksponensiële toename in die aantal gekoppelde masjiene in die veld, is die behoefte aan gevorderde tegnologie wat hierdie vlote doeltreffend bestuur, belangriker as ooit tevore,” lees die verklaring van CNH Industrial.

Vir CNH Industrial gaan dit daaroor om aan hulle waardevolle klante die tegnologiese middels en ondersteuning te gee sodat die boer sy werk met vreugde – en sonder kopsere – kan voltooi.

“Ons bied ondersteuning aan ons klante regoor die handelsmerke wat hulle gebruik, insluitend Case IH, New Holland en Case Konstruksie,” sê Jacques Taylor, besturende direkteur van CNH Industrial Suid-Afrika. “Die hart van ons gekoppelde dienste is om die klant eerste te plaas, proaktief te wees en ’n uitstekende klante-ervaring te lewer.

“Klante is voortdurend onder druk om hulle doeltreffendheid en produktiwiteit te verhoog en hulle kyk na ons as vervaardigers om maniere te vind om hulle te help om dit te bereik. Ons Connect-sentrum sal ons en ons handelaars in staat stel om vinnig op te tree – amper intyds – wanneer boere probleme het, en hulle te help om die beste uit hulle toerusting te kry,” verduidelik hy.

Die Connect-fasiliteit werk só

Hierdie fasiliteit sal dien as die kern binne ’n netwerk wat bekend sal staan as “Connect Rooms” by Case IH-handelaars en “Intellicentres” by New Holland-handelaars.

Deur middel van voortdurende monitering van die prestasie van die gekoppelde masjiene, kan die stelsel enige probleme wat dalk kan opduik voorkom.

Net soos jy reeds van jou selfoon af kan sien wat met jou trekker of stroper in die land gebeur, so is daar nou ’n meer omvattende stel data wat ook deur die Connect Room-personeel dopgehou word. Hierdie indiwidue is opgeleide tegnici wat saam met die sagteware (wat gebruik maak van kunsmatige intelligensie) intyd kan sien wat presies die werking van die masjiene is.

Moontlike probleme word uitgewys volgens mees kritiek tot lae kritiek sodat die tegnici daarvolgens die sake kan hanteer. Vandaar word moontlike oorsake geïdentifiseer en opgelos. In geval van ’n probleem, word ’n onmiddellike waarskuwing aan die handelaar gestuur, wat proaktief optree om die situasie te bestuur en op te los.

Daar is verskeie maniere waarop hierdie probleme proaktief hanteer kan word:

Die tegnikus kan die boer afstandhulp verleen deur direk aan die werktuig se skerm te koppel en die bestuurder te lei om instellings maak.

Die plaaslike handelaar of diensverskaffer kan gekontak word om die plaas met die nodige gereedskap en vervangingsonderdele te besoek.

Die plaaslike handelaar of diensverskaffer kan gekontak word om die boer in te lig oor die probleem wat met ’n versieningsdiens opgelos kan word.

Deur enige moontlike probleem so gou as moontlik te identifiseer, trek boere en operateurs voordeel omdat ’n onderdeel wat geslyt is of ingee in ’n japtrap reggestel of vervang kan word.

Dit bevorder ook optimale masjien-gesondheid wat onderdele langer kan laat hou.

’n Verdere voordeel vir die eienaar van ’n vloot is dat hy of sy kan seker wees van doeltreffende vlootbestuur omdat die hele vloot in stand gehou word sonder om die plaas te verlaat en om voorkomingsinstandhouding rond-om roetine-instandhoudingsdienste te beplan.

Met die vermoë wat tegnici toelaat om vanaf die fasiliteit afstanddiagnostiek op die klant se masjien uit te voer, kan hulle optree sonder om eers hulle lessenaars te verlaat.

Die Connect-sentrum bring verslae op aanvraag voort wat insig bied

Danksy die nuwe fasiliteit het boere en operateurs deurgaans belangrike inligting wat hulle in staat stel om te verseker die werktuig sal aanhou om hard en doeltreffend te werk. Drie verslae word kan op aanvraag verskaf word:

Die maandelikse Masjiengeskiedenisverslag, saamgestel op grond van die telemetrie- en sensordata wat deur die gekoppelde masjien ingesamel is, gee ’n beter begrip van die masjien se gebruik en operasionele status, en identifiseer moontlike probleme. Dit verseker die goeie gebruik en gesondheid van die werktuig, wat ook die reswaarde daarvan beskerm.

Die Masjiensorgverslag wys alle instandhouding, herstel en inspeksie in die lewe van die masjien, wat die naspeurbaarheid van sy hele diens-geskiedenis verseker en ’n deursigtige verhouding met die handelaar skep.

Die Operasionele Verslag help om te verseker dat die operateurs die masjiene korrek, doeltreffend en veilig gebruik. Met die bedryfsleutelprestasie-aanwyser en insigte wat deur die verslag verskaf word, kan foute in die operateur se gebruik van die werktuig opspoor of identifiseer en bepaal waar daar ruimte vir verbetering is. Die handelaar kan geraadpleeg word oor pasgemaakte operateursopleiding.

CNH Industrial demonstreer hoe die stelsel werk

Tydens die bekendstelling van die Connect-fasiliteit het Esmond Coen, hoof van Landbou-oplossings by CNH Industrial, ’n demonstrasie gelewer van hoe ’n trekker in ’n land werk. Dit het gewys hoe ’n tegnikus vanuit die Connect Room op die trekker se skerm inskakel. Vandaar het Esmond aangedui hoe die operateur onder sy leiding instellings kan maak.

Enige klant van CNH Industrial sal 24/7 toesig ontvang. Die maatskappy beoog om die “Connect Rooms” en “Intellicentres” in 2024 regoor sy handelaarsnetwerk beskikbaar te maak.

Vir meer inligting oor hierdie nuwe tegnologie, besoek die CNH Industrial webtuiste.

CNH Industrial Facebookblad

Lees die artikel op ProAgri

Details:
Vat:
Excluding VAT
Make:
No
Model:
No
Year:
No
Condition:
new
Condition Options:
Excellent
CNH Industrial

Similar Ads

Processing...