Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Australia
Die kwaliteit staalstrukture wat jy nodig het! | ID Metals
Price on request
N/A
Including VAT
Description
ID Metals, ook bekend as ID Structures, is ‘n gevestigde besigheid wat bekend is vir die vervaardiging van goeie kwaliteit staalstrukture vir meer as 20 jaar. Die besigheid is in 2004 gestig met die doel om strukture te vervaardig volgens kliënte se behoeftes teen bekostigbare pryse.
Kwaliteit en projekbestuur is belangrik om te verseker dat ‘n lang pad saam met die kliënte gestap kan word, wat ID Metals beslis regkry. Hulle werk veral met die boeregemeenskap, alhoewel hulle nie daartoe beperk is nie, en vervaardig ook strukture vir geboue in besigheidsareas.
ID Metals se draaityd vanaf aanvaarding van ‘n kwotasie tot en met die tyd wat die struktuur klaar opgerig is, is gewoonlik 8 tot 10 dae (fondasies ingesluit), aangesien hulle ‘n aantal strukture op ‘n permanente basis in voorraad hou en kliënte dus nie hoef te wag vir vervaardiging nie. Hulle werk is vol trots en daarom vra die besigheid geen deposito nie en vereis dat die betaling op strukture eers geskied as die struktuur afgelewer en oprig word.
ID Metals behartig al die fondasies om te verseker dat dit in lyn is met die vervaardiging van die struktuur. Slegs hoë kwaliteit staal wat gesertifiseerd is word gebruik en daar is ook verskillende opsies op groottes van die strukture. Hulle bied ook die opsie tussen gegalvaniseerde en chromadek dakplate of sykantplate. Indien ‘n ingeneursertifikaat benodig word, kan hulle ook daarmee help.
ID Metals het verskeie spanne wat reg oor die land werk vanuit Gauteng.
Kontak ons vandag!
Adres:
49 Galloway Street, Meyerton, 1961