Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Australia
Hoor-hoor! Bonsmara Genetics hou ’n boere inligtingsdag
Price on request
N/A
Excluding VAT
Description
Hoor-hoor! Bonsmara Genetics hou ’n boere inligtingsdag
Hier kan jy luister na ’n radio-onderhoud met André van Heyde, van die Bonsmara Genetics-groep, oor hulle opkomende boeredag op Dinsdag 16 Julie 2024 te plaas Smallepad, Roedtan.
Na die sukses van verlede jaar se boeredag, het hulle besluit hulle moét vanjaar weer so maak.
“Ons wil vir ons boere teruggee en vir Bonsmara-telers ondersteun. Verder wil ons die kennis en kundigheidsvlakke van die kommersiële telers opskerp sodat hulle wyse teelbesluite kan neem,” verduidelik André.
Hierdie jaar is PJ Budler die gasspreker. Dié man is ’n wêreldbekende beesteler en konsulteer op bykans elke kontinent. Hy gaan bywoners leer oor die suksesvolle bestuur en genetiese verbetering van kuddes. Hy is ’n besonderse spreker met kennis oor letterlik álle rasse.
“Ons beoog om die dag ’n praktiese, interaktiewe en ’n leersame dag te maak, met ’n hele aantal praktiese demonstrasies en evaluering van teeldiere,” sê André.
André nooi beesboere uit om sommer lekker die dag saam te spandeer en by mekaar te leer.
Luister na die opname om meer inligting oor die opkomende dag te kry:
Lees meer hier:
https://proagri.co.za/bonsmara-genetics/
Vir enige navrae of indien u graag die boeredag wil bywoon kontak:
Jannie Senekal
Christoff Smit
Andre vd Heyde
#BonsmaraGenetics #Vleissentraal #BonsmaraSA #PJBudler #BoereInligtingdag