Sell
Agri4All
South Africa flag

Sakeliga KragDag Wes-Kaap | 21 – 23 Maart 2024 | Daar is `n alternatief!

Retail price

ZAR 60.00

Including VAT

Sakeliga KragDag Wes-Kaap | 21 – 23 Maart 2024 | Daar is `n alternatief!

Photo Gallery

Gallery Image
Enlarged Image

Description

Sakeliga KragDag 2024 - Wes-Kaap

21-23 Maart 2024

Môreson Plaas, Malmesbury

Koop jou kaartjie HIER

Lees meer op ProAgri

KragDag Wes-Kaap is in 2023 vir die eerste keer aangebied met 103 uitstallers en 5 000 ekspogangers. In 2024 kan besoekers onder andere uitsien na ‘n nuwe afdeling wat wegbreekaktiwiteite, jag en hengel insluit, wanneer dié ekspo vir die tweede keer paangebied word op 21-23 Maart 2024 op die bekende Môreson Plaas.

Teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse verkiesing in 2024 waar elke politieke party beloftes maak oor wat hulle vir jou (of ander) gaan doen met jou geonteiende geld (belasting), beklemtoon KragDag se 2024-tema “Daar is ‘n alternatief” die noodsaak vir ‘n eie vryheidsleefstyl, selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid in antwoord op groeiende maatskaplike en ekonomiese verval.

Met toenemende Eskom beurtkrag, veiligheidsprobleme, dreigende waterkrisisse, ontoeganklike paaie en wanpresterende onderwys in staatskole, kan burgers nie bekostig om net te kla oor die huidige stand van sake nie, maar het nodig om self alternatiewe oplossings vir die status quo te vind.

Meer as om reaktief staatsbestand te raak, laat die tema ons opnuut herbesin oor hoe ons lewens, omstandighede en gemeenskappe na regte daar moet uitsien en om self verantwoordelikheid daarvoor te neem. Dit vra dat ons roepingsbewus kreatiewe en selfstandige oplossings ontwikkel en implementeer met ons Godgegewe hulpmiddels. Dit wil mense inspireer om deel te neem in die skep van ‘n volhoubare toekoms met ‘n filosofie van vryheid en selfbeskikking ... iets wat slegs moontlik is binne die parameters van die Skepper se natuur-, sosiale- en geestelike wette.

Die KragDag ekspo’s sluit ‘n groot verskeidenheid van fasette in, waaronder energie, tegnologie, entrepreneurskap, voedselverbouing, gesondheid, opvoedkunde en vele meer.

‘n Paar praktiese toepassings van die 2024 tema is:

·        Jou eie kragvoorsiening as alternatief tot uitgelewerdheid aan beurtkrag.

·        Ontgin en opgaar van jou eie water as alternatief tot besmette water en wateronderbrekings.

·        Private en voorkomende gesondheidsorg as alternatief tot staatshospitale en -voorskriftelikheid.

·        Privaat- en tuisleer as alternatief vir staatskole.

·        Eie- en gemeenskapsinstandhouding van infrastruktuur as alternatief tot slaggate en ander staatsuitgelewerdheid.

·        Persoonlike veiligheidstelsels en gemeenskapssekuriteit as alternatief tot polisie-onbevoegdheid en -misdadigheid.

Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.

TERME & VOORWAARDES

Vir meer inligting besoek die webtuiste by https://waantu.co.za/af/product/sakeliga-kragdag-western-cape/ of www.kragdag.co.za.

Besoek ons webwerf vir meer inligting.

Besoek ons Facebookblad.

Soné Saunders

Details

Category: Services
Keywords: #Kragdag

Contact Details

Name: KragDag
Country: South Africa
N/A
N/A
Logo

Contact Seller

Name
Email
Phone Number *
Include country code (e.g., +27 for South Africa, +1 for USA)
Message
Safety Tips
Use a safe location to meet seller
Avoid cash transactions
Beware of unrealistic offers
Avoid wiring money online or advance payments
Pay for shipping only if you know the seller
Never share your financial information

View our Disclaimer here

The website Agri4all.com does not take any responsibility for any fraudulent post

KragDag

Joined: Aug 2020

Logo

Report this product

Name
Email
Phone Number
Include country code (e.g., +27 for South Africa, +1 for USA)
Reason
Logo

Email a Friend

Full Name
Your Email
Your Friend's Email
Message

min: 10 & max: 255 characters

Featured Ads