Sakeliga KragDag 2024 - Wes-Kaap
21-23 Maart 2024
Môreson Plaas, Malmesbury
Koop jou kaartjie HIER
Lees meer op ProAgri
KragDag Wes-Kaap is in 2023 vir die eerste keer aangebied met 103 uitstallers en 5 000 ekspogangers. In 2024 kan besoekers onder andere uitsien na ‘n nuwe afdeling wat wegbreekaktiwiteite, jag en hengel insluit, wanneer dié ekspo vir die tweede keer paangebied word op 21-23 Maart 2024 op die bekende Môreson Plaas.
Teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse verkiesing in 2024 waar elke politieke party beloftes maak oor wat hulle vir jou (of ander) gaan doen met jou geonteiende geld (belasting), beklemtoon KragDag se 2024-tema “Daar is ‘n alternatief” die noodsaak vir ‘n eie vryheidsleefstyl, selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid in antwoord op groeiende maatskaplike en ekonomiese verval.
Met toenemende Eskom beurtkrag, veiligheidsprobleme, dreigende waterkrisisse, ontoeganklike paaie en wanpresterende onderwys in staatskole, kan burgers nie bekostig om net te kla oor die huidige stand van sake nie, maar het nodig om self alternatiewe oplossings vir die status quo te vind.
Meer as om reaktief staatsbestand te raak, laat die tema ons opnuut herbesin oor hoe ons lewens, omstandighede en gemeenskappe na regte daar moet uitsien en om self verantwoordelikheid daarvoor te neem. Dit vra dat ons roepingsbewus kreatiewe en selfstandige oplossings ontwikkel en implementeer met ons Godgegewe hulpmiddels. Dit wil mense inspireer om deel te neem in die skep van ‘n volhoubare toekoms met ‘n filosofie van vryheid en selfbeskikking ... iets wat slegs moontlik is binne die parameters van die Skepper se natuur-, sosiale- en geestelike wette.
Die KragDag ekspo’s sluit ‘n groot verskeidenheid van fasette in, waaronder energie, tegnologie, entrepreneurskap, voedselverbouing, gesondheid, opvoedkunde en vele meer.
‘n Paar praktiese toepassings van die 2024 tema is:
· Jou eie kragvoorsiening as alternatief tot uitgelewerdheid aan beurtkrag.
· Ontgin en opgaar van jou eie water as alternatief tot besmette water en wateronderbrekings.
· Private en voorkomende gesondheidsorg as alternatief tot staatshospitale en -voorskriftelikheid.
· Privaat- en tuisleer as alternatief vir staatskole.
· Eie- en gemeenskapsinstandhouding van infrastruktuur as alternatief tot slaggate en ander staatsuitgelewerdheid.
· Persoonlike veiligheidstelsels en gemeenskapssekuriteit as alternatief tot polisie-onbevoegdheid en -misdadigheid.
Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.
TERME & VOORWAARDES
Vir meer inligting besoek die webtuiste by https://waantu.co.za/af/product/sakeliga-kragdag-western-cape/ of www.kragdag.co.za.
Besoek ons webwerf vir meer inligting.
Besoek ons Facebookblad.
Soné Saunders
+27 87 231 1644
[email protected]