Price on request
Excluding VAT
Roekie Coetzee, takbestuurder van Agrico in Vredendal, vertel hoe Agrico kan help om die uitdagings van beurtkrag te oorkom. Hulle probeer om die potensiaal in 'n area volledig te ontgin.
Vir Agrico is dit belangrik om die tegnologie in besproeiing te volg. Dis waarom hulle lankal reeds begin het om vennote in sonkrag te maak.
Riaan Vermaak is 'n besproeiingsontwerper by Agrico. Hy vertel dat die sisteem eenvoudig is: die rame, die panele waarop die rame gaan en die VSD self. Die boer kan dit self oprig want dit is so maklik.
Die sisteem wissel tussen Sonkrag en Eskom-krag, soos wat daar son beskikbaar is. Die oorskakeling gebeur outomaties en die boer hoef nie daaroor te bekommer nie.
As 'n boer nie kan besproei nie, kan hy sy hele oes verloor. Met hierdie sisteem kan jy altyd besproei, maak nie saak of daar beurtkrag is nie!
Vir meer inligting, besoek https://www.agrico.co.za/.
+27 21 950 4111
+27 83 455 5423
1 La Belle Rd, Stikland, Bellville, South Africa, 7535