Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Vir Tradestuff gaan dit net oor diens, diens diens! | AGCO
Price on request
N/A
Excluding VAT
Description
"Daar is drie woordjies wat saak maak in ons besigheid en dit is diens, diens, diens". So sê besturende direkteur van Tradestuff, Rudi Barnard.
Dié aand was 'n lekker geleentheid waar Tradestuff hulle besigheid en kliënte gevier het. Rudi vertel dat hulle baie ondersteuning van hulle kliënte gekry het en dat hierdie maar net 'n manier is waarop hulle iets wil teruggee.
Koos Steyn is 'n kliënt van Tradestuff. Hy het Fendt trekkers en het onlangs Massey Ferguson ook aangeskaf. Volgens hom is die kwaliteit en tegnologie baie goed. Hy sê 'n trekker is net so goed soos sy naverkopediens en by Tradestuff kry hy dag of nag goeie diens.
Louis Coetzee is 'n Massey Ferguson koper. Dit bied vir hom die beste diens en die beste brandstof. Hy praat ook met groot lof van die diens wat hy ontvang as sy trekkers 'n probleem ondervind.
Danie en Carel Erasmus vertel hoe dit al 'n familietradisie is om met Massey Ferguson se implemente te boer. Alhoewel hulle al ander implemente ook probeer het, bly hulle terugkeer na die staatmakers. Hulle is albei baie tevrede met Tradestuff en sê dat hulle altyd 'n plan maak om jou te help.
Vir meer inligting besoek die Tradestuff webwerf by https://mftradestuff.co.za/