Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Jou avontuur begin hier 7-9 Augustus 2025 | KragDag is om die draai!
Price range
ZAR 75.00 - ZAR 120.00
Including VAT
Description
Die KragDag Ekspo is ‘n skou wat fokus op selfstandigheid en volhoubare oplossings. Met fokuspunte soos energie, tegnologie, landbou, opvoeding, vaardigheidsontwikkeling, sekuriteit, buitelug kragtoerusting, entrepreneurskap en ander doen-dit-self geleenthede. Dit bied ’n platform vir entrepreneurs, besighede, boere en huishoudings om kennis te deel en oplossings te verken vir ’n vryheidsleefstyl.
KragDag is ’n jaarlikse hoogtepunt (660 uitstallers en 34 000 besoekers in 2024) vir selfdoen-entoesiaste en buite die boks denkers om moderne uitdagings te verken met die oog op praktiese en kreatiewe oplossings, maar dit bied ook ‘n uitsonderlike geleentheid vir ’n gesinsuitstappie en is ‘n leersame en inspirerende ervaring in ‘n gesellige atmosfeer.
Dit bied ‘n spyskaart van bedrywighede, soos die kopskuifateljee met insiggewende gesprekke deur aktuele persoonlikhede, ‘n mengelmoes van interaktiewe aktiwiteite, lewendige demonstrasies en diere- en landbou uitstallings.
‘n Groot verskeidenheid kuierareas bied ook heerlike spys en lafenis. Die tema van vanjaar se KragDag 2025 Ekspo is "Bou 'n nalatenskap!"
Koop jou kaartjie HIER.
Belangrike inligting:
Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria
Datum: Donderdag 7 tot Saterdag 9 Augustus 2025
Kaartjies
- Vooraf: R75 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn
- Tydens ekspo: R120 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn / hek
Parkering: Gratis beskikbaar.
Aktiwiteite & vermaak vir almal:
Leer & ontdek:
- Kry insigte oor selfstandigheid en landbou. Sien diverse demonstrasies en besoek die kopskuifateljee vir nuwe idees en vaardighede. Luister ook na ons bekende sprekers.
Vermaak & avontuur:
- Laat die kinders (en die grootmense!) los in die avontuur park.
- Geniet die feesatmosfeer by die biertuin en die heerlike kuns-en-kou mark vir kuns, handwerk en smullekker kos.
- Kyk of neem deel aan aksiebelaaide “Western Mounted Games” en die indrukwekkende perdeskou.
- Moenie die pluimveeskou en ander vee-ras uitstallings misloop nie!
Volledige ervaring:
- Geniet ook boeresport, 'n konsertprogram, en 'n woonwapark met kampeerfasiliteite as jy wil oorbly.
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie!
Kry jou kaartjies vandag!
Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting, kaartjies is beskikbaar hier: https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2025
Volg ons vir meer inligting en opdaterings!
Was jy by KragDag 2024? Herleef dit. Het jy dit misgeloop? Kyk wat jy gemis het – en moenie weer nie!