Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Kom kamp saam | Jou selfstandigheid wegbreek ekspo | 7-9 Augustus 2025 | KragDag
Price range
ZAR 75.00 - ZAR 120.00
Including VAT
Description
KragDag 2025: Kom kamp saam! Jou selfstandigheid wegbreek-ekspo!
Maak gereed vir 'n unieke ervaring by KragDag 2025! Dis die perfekte geleentheid om weg te breek van die stad se gejaag, te kamp en te leer oor alles van volhoubare landbou en energie tot 'n selfstandige leefstyl. Kom "doen jou eie ding" en bou aan 'n toekoms van onafhanklikheid!
Koop jou kaartjie HIER.
Belangrike inligting:
Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria
Datum: Donderdag 7 tot Saterdag 9 Augustus 2025
Kaartjies
- Vooraf: R75 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn
- Tydens ekspo: R120 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn / hek
Parkering: Gratis beskikbaar.
Oor KragDag 2025 se Selfstandigheid Wegbreek:
KragDag 2025 is die ideale geleentheid vir almal wat droom van 'n selfversorgende lewe, of jy nou wil begin boer, jou eie energie opwek, of net meer selfstandig wil wees. Ons is jou Selfstandigheid Wegbreek Landbou Energie Ekspo!
Kom kamp saam!
Vir 'n unieke ervaring, kom kamp saam by ons woonwapark met volledige kampeerfasiliteite! Dis die perfekte manier om 'n paar dae weg te breek, nuwe vaardighede aan te leer, en te netwerk met ander wat passievol is oor selfstandigheid en die buitelewe.
Uitstallings & kategorieë: Verken die nuutste in landbou en selfstandigheid oor verskeie sleutelkategorieë:
- Rastentoonstellings.
- Kompetisies.
- Verskeie bekende sprekers.
- Groot-, klein- en pluimvee boerdery.
- Akkerbou.
- Akwakultuur.
- Groenteverbouiing.
- Ander kategorieë: Verken oplossings in energie, beveiliging, lewenstyl, huurtoerusting, nywerheid, bou & konstruksie, finansies & regs, nuwe tegnologie, gesondheid, kos & drank, en opvoeding.
Aktiwiteite & programme: Geniet 'n dinamiese program vol aksie en leer:
- Interaktiewe ervarings: Sien verskeie demonstrasies in aksie.
- Kompetisies: Neem deel aan of kyk na opwindende kompetisies.
- Gassprekers: Luister na leersame sessies met bekende sprekers wat waardevolle insigte deel.
- Vermaak: Geniet Boeresport, 'n konsertprogram, en kindervriendelike vermaak.
- Geriewe: Heerlike kosstalletjies en 'n woonwapark met kampeerfasiliteite is beskikbaar.
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop nie!
Kry jou kaartjies vandag!
Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting, kaartjies is beskikbaar hier: https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2025
Volg ons vir meer inligting en opdaterings!
Was jy by KragDag 2024? Herleef dit. Het jy dit misgeloop? Kyk wat jy gemis het – en moenie weer nie!