Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Verstaan en beplan jou sonkragstelsel | 29 Junie 2024 | Kragdag
Retail price
ZAR 1,950.00
Including VAT
Description
Hierdie kursus is vir vroeë besprekings teen R1 950, tot 15 Junie 2024, dan beskikbaar teen volle prys van R2 295 (besprekings sluit op 27 Junie 2024 om 00:00).
Hierdie kursus word in Afrikaans aangebied.
Wil jy van die Eskom netwerk wegbeweeg? Nie seker watter inligting kan vertrou word nie? Dink jy daaraan om 'n sonkragstelsel te laat installeer of selfs om dit self te doen?
Hierdie baie kort en omvattende fotovoltaïese sonkrag-ontwerp-en-installeringskursus is geskep om die behoefte aan mense, organisasies of klein besighede aan te spreek wat basiese inligting oor die grootte, beoordeling en installering van sonkrag-stelsels benodig. Waar moontlik bevat die kursus gewoonlik praktiese elemente bv, toets spanning en kortsluitstroom van sonkragpanele, doen eksperimente met skadu en gedeeltelike skadu op panele.
Hierdie is die eerste been van 'n tweeling kursus. Die tweede been is 'n afsonderlike kursus wat spesifiek oor batterye handel en wat binnekort ook saam met KragDag aangebied sal word.
As jy gedink het sonkraginstallasies is bo jou vuurmaakplek, sal hierdie PV Express eendagkursus van PQRS jou verras en jou toerus met al die kennis om jou eie sonkraginstallasie te doen. Dit help jou ook om die regte aankoopkeuses te doen as jy sonkragstelselkomponente aanskaf.
Hierdie kursus is ideaal vir Doen-Dit-Self entoesiaste, persone met min of geen elektriese kennis, sowel as elektrisiëns en ander vakmanne.
Ingesluit is 'n aanbiedingshandleiding.
Vir meer inligting besoek ons webwerf www.kragdag.co.za.
Diamantvallei Landgoed, 20 km Oos van Pretoria
Besoek ons webwerf vir meer inligting.
Besoek ons Facebookblad.
Soné Saunders