Sell
Agri4All
South Africa flag

Alternatiewe energie & selfstandigheid ekspo! | 8 - 10 Augustus 2024 | KragDag

Retail price

ZAR 60.00

Including VAT

Alternatiewe energie & selfstandigheid ekspo! | 8 - 10 Augustus 2024 | KragDag

Photo Gallery

Gallery Image
Enlarged Image

Description

Koop jou kaartjie HIER.

·        30 000 plus besoekers

·        600 plus uitstallers

·        50% afslag indien vooraf registreer!

·        Kinders onder 18 GRATIS.

·        Opvoedkunde sub-ekspo

·        Landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA

·        Kuns & kou mark in samewerking met Solidariteit Helpende Hand

Sakeliga KragDag 2024, 'n volhoubare en selfstandigheidsekspo, vind plaas van 8-10 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria. Die ekspo fokus op 'n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings soos hernubare en alternatiewe energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie. Dit moedig 'n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewenswyse aan en bied 'n platform vir ondernemers, die publiek en innoverende idees om bymekaar te kom.

Teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse verkiesing in 2024 waar elke politieke party beloftes maak oor wat hulle vir jou (of ander) gaan doen met jou geonteiende geld (belasting), beklemtoon KragDag se 2024-tema “Daar is 'n alternatief” die noodsaak vir 'n eie vryheidsleefstyl, selfstandigheid en individuele verantwoordelikheid in antwoord op groeiende maatskaplike en ekonomiese verval.

Met toenemende Eskom-beurtkrag, veiligheidsprobleme, dreigende waterkrisisse, ontoeganklike paaie en wanpresterende onderwys in staatskole, kan burgers nie bekostig om net te kla oor die huidige stand van sake nie, maar het nodig om self alternatiewe oplossings vir die status quo te vind.

Meer as om reaktief staatsbestand te raak, laat die tema ons opnuut herbesin oor hoe ons lewens, omstandighede en gemeenskappe na regte daar moet uitsien en om self verantwoordelikheid daarvoor te neem. Dit vra dat ons roepingsbewus kreatiewe en selfstandige oplossings ontwikkel en implementeer met ons Godgegewe hulpmiddels. Dit wil mense inspireer om deel te neem in die skep van ‘n volhoubare toekoms met ‘n filosofie van vryheid en selfbeskikking... iets wat slegs moontlik is binne die parameters van die Skepper se natuur-, sosiale- en geestelike wette.

Die KragDag ekspo’s sluit ‘n groot verskeidenheid van fasette in, waaronder energie, tegnologie, entrepreneurskap, voedselverbouing, gesondheid, opvoedkunde en vele meer. ‘n Paar praktiese toepassings van die 2024 tema is:

  • Jou eie kragvoorsiening as alternatief tot uitgelewerdheid aan beurtkrag.
  • Ontgin en opgaar van jou eie water as alternatief tot besmette water en wateronderbrekings.
  • Private en voorkomende gesondheidsorg as alternatief tot staatshospitale en -voorskriftelikheid.
  • Privaat- en tuisleer as alternatief vir staatskole.
  • Eie- en gemeenskapsinstandhouding van infrastruktuur as alternatief tot slaggate en ander staatsuitgelewerdheid.
  • Persoonlike veiligheidstelsels en gemeenskapssekuriteit as alternatief tot polisie-onbevoegdheid en -misdadigheid.

Hekgelde is R120 per volwassene (kinders tot 18 gratis), maar deur vooraf te registreer, kry jy 50% afslag. Sedert sy ontstaan in 2008, het KragDag gegroei en uitgebrei om nie net alternatiewe energie vir die gewone man op straat en besigheidsondernemings te fokus nie, maar ook om alternatiewe- en selfstandigheidsoplossings op talle ander lewensterreine te bied.

Vir meer inligting besoek die webtuiste by https://waantu.co.za/af/product/sakeliga-kragdag-2024-ekspo-sentraal/ of www.kragdag.co.za.

TERME & VOORWAARDES

Diamantvallei Landgoed, 20 km Oos van Pretoria

S25º 48’ 58.66″

E28º 31’ 35.97″

Besoek ons webwerf vir meer inligting.

Besoek ons Facebookblad.

Soné Saunders

Details

Category: Events
Keywords: #KragDag #Selfstandigheid #Enerigie

Contact Details

Name: KragDag
Country: South Africa
N/A
N/A
Logo

Contact Seller

Name
Email
Phone Number *
Include country code (e.g., +27 for South Africa, +1 for USA)
Message
Safety Tips
Use a safe location to meet seller
Avoid cash transactions
Beware of unrealistic offers
Avoid wiring money online or advance payments
Pay for shipping only if you know the seller
Never share your financial information

View our Disclaimer here

The website Agri4all.com does not take any responsibility for any fraudulent post

KragDag

Joined: Aug 2020

Logo

Report this product

Name
Email
Phone Number
Include country code (e.g., +27 for South Africa, +1 for USA)
Reason
Logo

Email a Friend

Full Name
Your Email
Your Friend's Email
Message

min: 10 & max: 255 characters

Featured Ads

Other Products by Seller