Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Jou selfstandigheid wegbreek ekspo | 7-9 Augustus 2025 | KragDag is om die draai!
Price range
ZAR 75.00 - ZAR 120.00
Including VAT
Description
KragDag 2025: Die groot perde skou – jou selfstandigheid wegbreek ekspo!
Maak reg vir 'n spoggeleentheid by KragDag 2025 – die indrukwekkende Perde skou! As deel van ons groot Selfstandigheid Wegbreek Landbou Energie Ekspo, bied KragDag die perfekte platform vir perdeliefhebbers, boere, en almal wat hul eie ding wil doen en 'n blywende nalatenskap wil bou. Kom ervaar die grasie en krag van hierdie majestueuse diere!
Koop jou kaartjie HIER.
Belangrike inligting
Ligging: Diamantvallei Landgoed, Pretoria
Datum: Donderdag 7 tot Saterdag 9 Augustus 2025
Kaartjies
- Vooraf: R75 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn
- Tydens ekspo: R120 per volwassene (kinders gratis) - aanlyn / hek
Parkering: Gratis beskikbaar.
Die perde skou hoogtepunt:
Of jy nou 'n ywerige perdryer, 'n perdeteler, of bloot 'n bewonderaar is, die Perde Skou bied 'n unieke geleentheid om hierdie wonderlike diere van naby te beleef. Dit is deel van ons groter Landbou Sub-Ekspo waar jy alles van vee-ras uitstallings (insluitend pluimvee) tot landbou tegnologie sal vind.
Selfstandigheid wegbreek:
KragDag is ontwerp as jou Selfstandigheid Wegbreek Landbou Energie Ekspo. Verken oplossings in Landbou, Energie, Beveiliging, Lewenstyl, Oorlewing/Rastoestande, en nog vele meer. Dit is 'n platform vir almal wat belangstel in selfversorging en volhoubare leefstyle.
Aktiwiteite & programme: Geniet 'n dinamiese program vol aksie en leer:
- Interaktiewe ervarings: Sien verskeie demonstrasies in aksie.
- Kompetisies: Neem deel aan of kyk na opwindende kompetisies.
- Gassprekers: Luister na leersame sessies met bekende sprekers wat waardevolle insigte deel.
- Vermaak: Geniet Boeresport, 'n konsertprogram, en kindervriendelike vermaak.
- Geriewe: Heerlike kosstalletjies en 'n woonwapark met kampeerfasiliteite is beskikbaar.
Moenie hierdie unieke geleentheid misloop om te leer, te ervaar en deel te word van 'n gemeenskap wat bou aan 'n selfstandige en volhoubare toekoms nie!
Kry jou kaartjies vandag!
Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting, kaartjies is beskikbaar hier: https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2025
Volg ons vir meer inligting en opdaterings!
Was jy by KragDag 2024? Herleef dit. Het jy dit misgeloop? Kyk wat jy gemis het – en moenie weer nie!