Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Australia
Studeer Tuissorgassistent | Bo-Karoo Opleiding
Price on request
N/A
Excluding VAT
Description
Die ses maande lange Tuissorgassistent-kursus fokus op al die praktiese vaardighede wat jy nodig het om iemand met respek en deernis te help en te versorg.
Kwalifikasie
Gedeeltelike kwalifikasie: Tuissorgassistent, NKR-vlak 2, 68 krediete, SAQA-ID: 104779
Toelatingvereistes
- Graad 9-sertifikaat
- 18 jaar en ouer
Hoekom moet jy tuissorgassistent oorweeg?
Die aantal bejaardes, kinders en gestremdes wat tuisversorging benodig word al hoe meer. Die fokus val deesdae op die onafhanklike funksionering van bejaardes, om hulle so lank as moontlik selfversorgend en met waardigheid in die gemeenskap te laat bly. Daarom is daar al hoe meer werksgeleenthede vir tuissorgassistente.
’n Gekwalifiseerde tuissorgassistent kan by ’n versorgingsinstansie soos ’n ouetehuis gaan werk of sy/hy kan privaat versorging in mense se huise onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige doen.
Die Tuissorgassistent-kwalifikasie bied die geleentheid vir mense om hulself in ’n veld te bekwaam waarin hulle met waardigheid ’n kosbare diens kan lewer. Deur die Tuissorgassistent-kursus sal jy belangrike vaardighede leer wat tot voordeel van jouself, jou gesin en jou gemeenskap sal strek.
Studieaansoeke vir 2025 is oop!
Klik HIER vir meer inligting oor ons Tuissorgassistent-kwalifikasie!
Kontak ons: