Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Australia
Studeer tuisversorging | Bo-Karoo Opleiding
Price on request
N/A
Excluding VAT
Description
Bo-Karoo Opleiding bied ’n uitstekende kursus in tuisversorging aan vir diegene wat ’n verskil in ander se lewens wil maak. Die kursus is vanaf Augustus 2022 by die QCTO geakkrediteer en staan bekend as Occupational Certificate: Home-Based Personal Care (SAQA 104792). Die Tuisversorgingkwalifikasie is ’n jaar lange kursus wat in Orania aangebied word.
Kwalifikasie
Beroepsertifikaat: Tuisversorging, NKR-vlak 3, 135 krediete, SAQA-ID: 104792
Toelatingvereistes
- Graad 12-kwalifikasie
Hoekom moet jy tuisversorging oorweeg?
Tuisversorging is ’n beroep wat hoog in aanvraag is. ’n Kwalifikasie in tuisversorging bied jou plaaslike en internasionale werksgeleenthede in hospitale, ouetehuise, aftreeoorde, pasiënte se huise, tuisversorgingsagentskappe en dagsorgsentrums. Jy kan ook werk kry as ’n kinderoppasser (au pair). ’n Gekwalifiseerde tuisversorger kan ook kies om privaat versorging onder toesig van ’n geregistreerde verpleegkundige te doen.
Die kwalifikasie sal leerders verder vir die volwasse lewe voorberei. Die kursus dien as goeie voorbereiding vir diegene wat verpleging as beroep oorweeg.
Studieaansoeke vir 2025 is oop!
Klik HIER vir meer inligting oor ons Tuisversorging-kwalifikasie!
Kontak ons: